Daar is niks soos die liefde van Jesus nie. Ons is 'n familie wat streef daarna om siele vir die Here te wen. Ons droom en ons aanbiddinggaan oor die liefde van Jesus te demonstreer aan 'n liefdelose wêreld. Kom kuier gerus by ons in Oerdersingel straat Sasolburg. Op die webtuiste gaan jy middels kry om jou geestelik te help groei en 'n verhouding te bou met die Here.

ONS DROOM...
Ons is 'n plek waar die wat seergekry het of teleurgestel of soekend is, liefde, aanvaarding, hulp, leiding en aanmoediging kan vind.
Ons droom om die goeie nuus van Jesus Christus met al die mense van die Vaaldriehoek te deel.
Ons droom on in 'n familie te wees wat in harmonie lief sal hê, saam sal leer, lag en leef.
Ons droom dat elke vennoot toegerus sal word vir bediening deur hulle te help om bedieninge te ontdek en talente te ontwikkel.
Ons droom om sendelinge en evangeliste dwarsoor die wêreld te stuur en gemeemtes te plant.
Hier gaan jy preek notas in skrif en audio kan aflaai om jou te help groei. Jy kry ook 'n lys van produkte wat jy kan bestel soos boekies en cd's en selfs ook 'n tallit.
Ek bid dat die webtuiste jou 'n honger en verwagting sal gee om meer in die woord van die Here te delf en deur dit, sy liefde vir jou te ervaar.
BANKBESONDERHEDE
BANK ABSA
REK NO 520140506
TAK KODE 335 036
NAAM AGS LIGHUIS